Met sy netjiese pak en ’n sin van nederigheid skuif hy die papiere voor hom reg. “Goeienaand, en welkom by die Nuus om 7,” sê hy met die perfekte uitspraak.
En jy kan maar weet: As Riaan Cruywagen praat, luister die volk in hul miljoene. Maar die veteraan-nuusleser se stem is stil nadat hy op 26 November sy laaste nuus-bulletin op SABC 2 gelees het.
Ek het geweet Riaan in bekend, maar wat my veral verstom het, is dat hy nie net die toets van tyd deurstaan het nie, maar tot soveel Suid-Afrikaners van alle rasse gespreek het. Swart, Engelse mense weet wie hy is en Indiër mense het geesdriftig na sy laaste uitsending gekyk.
Dis eers as jy sien hoe die hele medialandskap (Afrikaans en Engels) oor sy aftrede berig, en dit op sosiale netwerke oor hom gons, wat jy besef hoe gewild Riaan presies is.
Riaan is die vergestalting van waardigheid en korrektheid. Nie net het hy baie vir Afrikaans beteken nie, maar ook vir Suid-Afrika en die televisiebedryf. Daar is werklik min sulke ware here oor.
Riaan, geniet nou uittrede en dankie dat jy ’n voorbeeld vir menigte Afrikaanssprekendes en Suid-Afrikaners was. Jy is ’n puik voorbeeld van hoe een mens oor kulture, rasse en geslagte heen ’n impak kan maak.
En daardie impak het jy moet goeie, ou waardes gemaak.
Mooi loop.
TOEGANKLIKE BOEK SIT BEWYSE VIR EVOLUSIE TREFFEND UITEEN
In ’n studie wat onlangs in die VSA gedoen is, het veertig persent van die deelnemers ontken die mens het met die verloop van tyd vanuit diere ontstaan. Dit is om presies hierdie rede wat Richard Dawkins, een van die bekendste ateïste en wetenskaplikes ter wêreld, sy nuutste boek, The Greatest Show on Earth: The evidence for evolution, die lig laat sien het.
“Hierdie is ’n boek oor die positiewe bewyse vir evolusie. Dit is nie bedoel as ’n anti-religieuse boek nie. Die bewyse vir evolusie is ten minste so sterk soos die bewyse vir die Holocaust.
“Geen agtenswaardige wetenskaplike ontken [evolusie] nie, en geen onbevooroordelende leser sal die boek toemaak en dit betwyfel nie,” skryf Dawkins.
Een van The Greatest Show on Earth se omstrede aannames is daar is geen “intelligente ontwerp” aan die aarde en sy organismes nie.
Die senuwee wat vanaf ’n kameelperd se brein na sy stembande gaan, neem byvoorbeeld ’n ompad deur eers deur die maag te loop en dan op te gaan na die stembande. Die mens besit ook drie (onaktiewe) gene om eiergeel te maak.
En dit is inderdaad wat hy regkry.
In hierdie insiggewende en toeganklike werk sit Dawkins die oorweldigende bewyse vir evolusie sistematies uiteen. Hy begin deur te verduidelik dat alle lewende organismes ’n gemeenskaplike voorvader het en evolusie ’n proses is wat oor verskeie millennia plaasvind.
In ’n televisie-onderhoud oor die boek sê Dawkins dit is vir mense moeilik om in evolusie te glo omdat hulle nie kan glo hulle is afstammelinge van die sjimpansee nie en “sal dit slegs glo as hul geboorte skenk aan een”.

“Mense is nie afstammelinge van ape nie. Ons deel net dieselfde voorvaders,” verduidelik Dawkins in die boek.
Hy meen een van die ander redes hoekom mense huiwerig is om in evolusie te glo, is omdat hulle nie self die bewyse kan sien nie. Evolusie vind immers oor baie lang tydperke plaas – baie meer as die gemiddelde mens se lewensduur.
Ten spyte hiervan gee Dawkins oortuigende bewyse wat mense voor hul oë kan sien gebeur.
Die fossielrekord is sekerlik die bekendste bewyse vir die bestaan van evolusie, maar is volgens Dawkins “beslis nie die oortuigendste” nie.
Kreasioniste wys telkens die “gapings” in die fossielrekord uit. As ’n mens byvoorbeeld wil aantoon dat paddas en ape afstammelinge is, moet daar sekerlik bewyse wees van ’n dier tussen-in (’n “fronkey” soos Dawkins dit stel)?
Dawkins wys daar is wel fossiele gevind wat wys dat dinosourusse byvoorbeeld in voëls geëvolueer het. Verskeie fossiele wat “kruisings” is tussen voëls en dinosourusse is, is al gevind. Ten spyte hiervan fossileer relatief min diere en gevolglik is daar sogenaamde “gapings” in die fossiel-bewyse vir die bestaan van evolusie.
“Die fossielrekord is ’n pluspunt, iets waartoe ons geen reg gehad het nie. Daar is meer as genoeg bewyse vir evolusie in die hedendaagse vergelykkende studies en hulle geografiese verspreiding. Ons het nie fossiele nodig nie – die saak vir evolusie is waterdig sonder dit,” skryf Dawkins.
DNS (deoksiribonukleïensuur, oftewel alle organismes se genetiese vingerafdruk) bied byvoorbeeld oorweldigende bewyse vir die bestaan van evolusie. Volgens wetenskaplikes is dit moontlik om letterlik die ooreenkomste tussen twee organismes te gaan tel en tot die gevolgtrekking te kom dat evolusie plaasgevind het.
’n Volgende “stel” bewyse wat Dawkins verskaf, is dié van biogeografie. Dawkins beskou dit as die “een van die mees oortuigende” bewyse. In wese is daar miljoene gevalle waar dieselfde spesie op verskillende geografiese gebiede woon, maar verskillend lyk omdat hulle moes aanpas by hul omgewing.
Dawkins wy een hoofstuk daaraan om aan te toon dat die aarde biljoene jare oud is en nie tienduisend jaar soos kreasionisme voorhou nie. Verskeie, oortuigende bewyse vanuit verskeie dissiplines word hiervoor gegee. Tyd vir evolusie was daar wel.
“Hulle [die kreasioniste] ontken die nie net die feite van biologie nie, maar ook van fisika, geologie, kosmologie en argeologie,” skryf Dawkins oor mense wat glo die aarde is tienduisend jaar gelede deur God geskape en dus kon evolusie nie plaasvind nie.
Hy meen een van die ander redes hoekom mense huiwerig is om in evolusie te glo, is omdat hulle nie self die bewyse kan sien nie. Evolusie vind immers oor baie lang tydperke plaas – baie meer as die gemiddelde mens se lewensduur.
Ten spyte hiervan gee Dawkins oortuigende bewyse wat mense voor hul oë kan sien gebeur.
Die fossielrekord is sekerlik die bekendste bewyse vir die bestaan van evolusie, maar is volgens Dawkins “beslis nie die oortuigendste” nie.
Kreasioniste wys telkens die “gapings” in die fossielrekord uit. As ’n mens byvoorbeeld wil aantoon dat paddas en ape afstammelinge is, moet daar sekerlik bewyse wees van ’n dier tussen-in (’n “fronkey” soos Dawkins dit stel)?
Dawkins wys daar is wel fossiele gevind wat wys dat dinosourusse byvoorbeeld in voëls geëvolueer het. Verskeie fossiele wat “kruisings” is tussen voëls en dinosourusse is, is al gevind. Ten spyte hiervan fossileer relatief min diere en gevolglik is daar sogenaamde “gapings” in die fossiel-bewyse vir die bestaan van evolusie.
“Die fossielrekord is ’n pluspunt, iets waartoe ons geen reg gehad het nie. Daar is meer as genoeg bewyse vir evolusie in die hedendaagse vergelykkende studies en hulle geografiese verspreiding. Ons het nie fossiele nodig nie – die saak vir evolusie is waterdig sonder dit,” skryf Dawkins.
DNS (deoksiribonukleïensuur, oftewel alle organismes se genetiese vingerafdruk) bied byvoorbeeld oorweldigende bewyse vir die bestaan van evolusie. Volgens wetenskaplikes is dit moontlik om letterlik die ooreenkomste tussen twee organismes te gaan tel en tot die gevolgtrekking te kom dat evolusie plaasgevind het.
’n Volgende “stel” bewyse wat Dawkins verskaf, is dié van biogeografie. Dawkins beskou dit as die “een van die mees oortuigende” bewyse. In wese is daar miljoene gevalle waar dieselfde spesie op verskillende geografiese gebiede woon, maar verskillend lyk omdat hulle moes aanpas by hul omgewing.
Dawkins wy een hoofstuk daaraan om aan te toon dat die aarde biljoene jare oud is en nie tienduisend jaar soos kreasionisme voorhou nie. Verskeie, oortuigende bewyse vanuit verskeie dissiplines word hiervoor gegee. Tyd vir evolusie was daar wel.
“Hulle [die kreasioniste] ontken die nie net die feite van biologie nie, maar ook van fisika, geologie, kosmologie en argeologie,” skryf Dawkins oor mense wat glo die aarde is tienduisend jaar gelede deur God geskape en dus kon evolusie nie plaasvind nie.
Een van The Greatest Show on Earth se omstrede aannames is daar is geen “intelligente ontwerp” aan die aarde en sy organismes nie.
Die senuwee wat vanaf ’n kameelperd se brein na sy stembande gaan, neem byvoorbeeld ’n ompad deur eers deur die maag te loop en dan op te gaan na die stembande. Die mens besit ook drie (onaktiewe) gene om eiergeel te maak.
“Hierdie bisarre [verskynsels] is presies wat ons van evolusie deur natuurlike seleksie verwag, en presies die soort ding wat ons nie van ’n ‘intelligente ontwerper’ verwag nie,” skryf Dawkins.
The Greatest Show on Earth is baie toeganklik geskryf en is gevul met staaltjies en interessante eksperimente. Dit is juis een van die redes hoekom die boek soveel openbare aftrek gekry het. Iemand meet geen wetenskaplike agtergrond sal steeds die wetenskap agter evolusie kan verstaan.
Dawkins meen die hedendaagse bewyse sou die ontdekker van evolusie, Charles Darwin, baie opgewonde gemaak het en aangetoon het evolusie is nie net ’n blote teorie nie.
Enige persoon wat in evolusie twyfel of enigiemand wat daarin glo, maar nie die nodige bewyse het nie, sal The Greatest Show on Earth as ’n onmisbare bron van kennis beskou – as’t ware ’n sleutel tot die wêreld waarin ons woon.
Soos Dawkins dit in die slotparagraaf van die boek stel: “Ons word omring deur die mooiste en wonderlikste vrome [van lewe] en dit is geen toeval nie, maar die direkte gevolg van evolusie deur natuurlike seleksie – die grootste skouspel op Aarde."

No comments:
Post a Comment